Klein Begin

“Excellence is achievable and repeatable. Perfection is not. Therefore: forget about Perfection and strive for Excellence.”

Ek kan nie onthou waar ek bogenoemde gelees het nie, of wie om die erkenning daarvoor te gee nie. Ek weet net dat dit ‘n groot indruk op my gemaak het en ek het dit neergeskryf op ‘n plek wat ek dikwels sien. Onderaan het ek verder neergeskryf dat dit beter is om vandag iets te doen en dit so goed as wat jy kan te doen, as om dit na ‘n volgende dag uit te stel in die hoop om dit perfek te doen, en dit dan op die ou end glad nie te doen nie.

Dis nie verniet dat ek myself aan hierdie wyshede moet herinner nie: ek is beide ‘n uitsteller en perfeksionis van formaat! En dis die rede waarom hierdie blog nie op dreef kom nie.

“Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Doen wat jy kan. En onthou: elke woud begin met een boompie.”

Hierdie is my motto vir 2016. En ek gaan dit ook neerskryf op ‘n plek wat ek dikwels sien.

 

Posted in Uncategorized | 3 Kommentaar

Ons is NIE almal só nie

Kouevuur

Ek is kwaad, ek is nou al vir amper twee ure kwaad. Kwaad genoeg om enige slang te wen met doodspoeg. Ek moet dit uit my uit skryf, anders gaan die kwaad aanhou by my oë uitloop.

Ek moes vanoggend iets by my seun in Vishoek gaan haal. Dit was net ‘n vinnige heen en weer en toe ons by sy huis se hek uitstap, weer oppad huis toe, hoor ons die “commotion” in die straat voor ons behoorlik kan inneem wat ons sien. En ongelukkig gaan ek moet ras bysleep, om duidelikheid aan my storie te gee.

In die middel van die straat staan ‘n swart man al koestend. Toe ek later naby hom kom, sien ek hy is skaars ouer as 17/18, ‘n mooi oop gesig, helder oë. Langs hom lê ‘n ou geroeste, omgegooide draad winkeltrollie. Halfpad uitgeval uit die trollie ‘n regtige flenters ou yskas, in…

View original post 554 more words

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Storietyd

Goue lint, goue lint: my storie begint…

“Moenie ‘n goeie storie bederf deur die vervelige waarheid te vertel nie.”

Dis die lewensraad wat my mentor 20 jaar gelede vir my gegee het. Alhoewel daar heelwat situasies is waar dit van toepassing is, is dit egter dikwels die geval dat ek feit veel vreemder en fassinerend vind as fabel, verdigsel of fantasie. Dis waarskynlik waarom ek ware verhale en doku-dramas verkies bo “Sci-Fi” en verwante genres.

“Behind the corpse in the reservoir, behind the ghost on the links,

Behind the lady who dances and the man who madly drinks,

Under the look of fatigue, the attack of migraine and the sigh,

There is always another story, there is more than meets the eye.”

  • – Auden  –

Ja: daar is inderaard gewoonlik ‘n storie agter die storie. Miskien is dit wat ‘n storie ‘n “goeie” storie maak. Nes meeste stories verskillende kante het, is elke mens se lewensverhaal ook ‘n unieke,  stuk-stuk aanmekaargewerkte laslappieskombers. En, omdat ‘n mens mos nou maar ‘n mens is deur en saam met ander mense, oorvleuel kombersies en word vasgeweef in ‘n kaleidoskoop van ‘n selfs meer kleurryke en verstommend-interessante tapesserie: ver beter as wat mens ooit kon droom of dink.

Ek lees elke mens dra ‘n boek in sy binneste rond: jou lewenstorie. Dit volg dan heel logies:

“Keep a diary and one day it may well keep you.”

Maar dis ook goed om te onthou:

“Don’t judge someone by the chapter you’ve just opened of the story of their life.”

Mense hou natuurlik van ‘n storie waarmee hulle identifiseer, wat hulle fassineer, meesleur, of waaruit hulle kan leer. Bowenal is ‘n “goeie” storie een waarin jy graag die karakters wil ontmoet, of selfs die rol wil speel; ‘n storie wat leef. Of een stap beter: waar dit voel asof die karakters besig is om JOU storie te vertel…

Tans lees ek Aleksandar Hemon se “The Book of My Lives.” Op die agterblad staan geskryf: “This is a book driven by passions but built on fierce intelligence, devastating experience, and sharp insight. And, like the best narratives, it is a book that will leave you a different reader  –  a different person, with a new way of looking at the world. It is written with the full force of humanity. It will make you think, laugh, cry, and remember yourself. Prepare to have your worldview deepened.”

Dit bring my dan by die sosiale media met sy hoogte- en laagtepunte: almal “praat” maar weinig hoor en byna niemand luister nie.  Die eeu van die “Global Village” waar mense nog nooit vantevore “so connected and yet so disconnected” was nie; waar al wat ‘n kommunikasie-kanaal en -metode beskikbaar is maar mense onder dieselfde dak nie met mekaar praat nie; waar die reis- en vervoerberyf miljoene beloop terwyl mense nie hulle bure se name ken of drumpels kruis nie; waar jy vir tieners vra wat hulle graag eendag wil word en hulle antwoord: “I just want to be famous.”

Aan die een kant is die dryfveer individualiteit en faam; in ‘n tou-trek gewikkel een konformisme en anonimiteit. Ek dink dink die blogosfeer is ‘n samesmelting van beide hierdie opponernde kragte.

“Many things that I would not care to tell to any individual man I tell to the public.”

  • –  Montaigne  –

Fluit, fluit: my storie is uit.

Posted in Uncategorized | 2 Kommentaar

Eie honde byt die seerste

Julle is so verskriklik sielskokkend hartverskeurend wreed

maar eendag sal julle weet van my pyn en my leed

want met dieselfde skaal en maat waarmee julle weeg en meet…

Die skrif is aan die muur:

julle kyk daarna en sien dit nie maar tuur

daarby ver verby by my verby

na die mense in die dorp en straat-

dis amper al waaroor julle dag en nag bly praat.

Posted in Uncategorized | 5 Kommentaar