Eie honde byt die seerste

Julle is so verskriklik sielskokkend hartverskeurend wreed

maar eendag sal julle weet van my pyn en my leed

want met dieselfde skaal en maat waarmee julle weeg en meet…

Die skrif is aan die muur:

julle kyk daarna en sien dit nie maar tuur

daarby ver verby by my verby

na die mense in die dorp en straat-

dis amper al waaroor julle dag en nag bly praat.

Posted in Uncategorized | 2 Kommentaar